fbpx

Contact Information

.

Do you have any questions for us? Feel free to get in touch with us, we would love to have a conversation with you.

Phone Us

Hannes: 082 806 8895
Janette: 082 493 9495

Email Us

info@koinoniadiscipleship.co.za

Is ‘n ‘gap-year’ regtig nodig?

Is jy tussen die ouderdomme van 18 en 25 jaar?  En miskien wonder jy wat jy in DV 2024 met jou lewe wil maak?  Miskien is jy in graad 12 en onseker oor wat jy wil gaan studeer?  Miskien werk jy tans, maar jy voel daar is meer … iets anders?  Miskien is jy tans besig om te studeer en beleef ‘n mate van onsekerheid oor die toekoms en selfs oor die rigting wat jy tans inslaan?

Diensjaar
vir
Christus

My naam is Philip de Jager.  Ek is verbonde aan Koinonia Discipleship Training Academy (KDTA) en wil graag ‘n paar minute van jou tyd neem om kortliks met jou te gesels oor die voordele van ‘n oorbruggingsjaar en hoekom KDTA vir jou ‘n goeie keuse sal wees.  Wel, by KDTA praat ons nie van ‘n oorbruggingsjaar nie, maar wel van ‘n Diensjaar vir Christus.

Geestelike en persoonlike verryking

Een van die voordele van ‘n Diensjaar vir Christus is die waarde wat dit persoonlik vir jou sal inhou.

By KDTA bied ons vir jou ‘n wonderlike geleentheid vir geestelike en persoonlike groei deur middel van die verskillende modules wat ons aanbied, uiteikingsgeleentede en om saam met mede-Christene ‘n asemrowende jaar van jou lewe hier in die pragtige Tuinroete van Suid-Afrika te geniet.

Ons program fokus hoofsaaklik op drie belangrike areas:

Dissipelskap formasie.  Dit is om meer van Jesus te leer.  Wat beteken dit om in die hedendaagse samelewing ‘n dissipel van Jesus Christus wees?  Daarom stel ons dit nadruklik in die eerste gedeelte van ons visiestelling: Knowing Jesus.   

Missionale formasie.  By KDTA is ons intensioneel ten opsigte van Matt. 28:19.  Ons wil jou help om ‘n betekenisvolle bydrae te lewer deur ‘n verskil in die samelewing te maak – en dit op so manier te doen dat Jesus deur ons optrede sigbaar sal word.  Daarom is die tweede gedeelte van ons visiestelling vir ons ook belangrik: Making Him known.

Dus:

Knowing Jesus and
making Him known

Persoonlike ontwikkeling.  Ons is opgewonde oor die potensiaal wat God in jou geplaas het en wil jou met die nodige bedagsaamheid help in ‘n proses van self-aktualisering wat op Bybelse beginsels gefundeer is.  Ons gesprekke oor self-leierskap, emosionele gesondheid en persoonlike bediening is daarop gerig om jou te ondersteun en begelei om jou plek intensioneel en met waardigheid op al die fronte van die lewe vol te staan. By KDTA bied ons program ‘n asemrowende reis van “discovering, identity and purpose”. KDTA sal ‘n belegging in jou lewe wees wat jy vir die res van jou lewe met jou sal saamdra.

Ek gesels graag volgende week verder met jou oor die belangrikheid van ‘n oorbruggingsjaar vir GenZ’ers … vir jongvolwassens tussen die ouderdom van 18 en 25 jaar.

Groete

Die KDTA-Span

SHARE THIS POST

CATEGORIES

RECENT POSTS

get in touch